NV Oktober-November: Roman (Sagteband, 280 pg) Cas Wepener

Hierdie is ‘n voorafbestelling en is nog nie beskikbaar om te verskaf nie – geskatte maand van publikasie mid-einde Oktober

Die “roman” in die titel verwys na ’n spinnekop of baardskeerder, wat die teenwoordigheid van onheil, boosheid en gevaar verteenwoordig. Die Klein Karoo se berugte reeksmoordenaar, Gert Bloubaard Swanepoel het in die 1800’s op die spogplaas Rietfontein in die Attaquas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp geboer. Swanepoel se pa was ’n siener wat glo met ’n halwe helm gebore is. Hy het groot onheil gesien voor Gert se geboorte. Sy ma was ’n wrede, ongenaakbare en sadistiese mens wat plaaswerkers se kinders se mangels uitgeskep het met ’n rooiwarm teelepel, sonder enige verdowing.
Danie Gouws, akademikus van Stellenbosch, vertoef in die Klein Karoo om navorsing te doen oor kulturele gebruike en erfgoed. Waarin hy hom egter vasloop, is die spook van Gert Swanepoel: “Wat Danie Gouws nog nie weet nie, is dat Gert hom gister al sien aankom het toe hy in die pas oor die Gamka gery het.”

Want, in die woorde van die oplettende, diepsinnige petroljoggie Willem Marsman: “As jy klippers in die deel van die wereld omrol, dan hardlopp daar sommer gou gevaarlike goete sooes skerpione orr die vlaktes of ‘n romans wat jou jaag om jou skaduwee te kom.”

Kan ‘n mens oorlewing glo? Wie was Gert – voorslaboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minaar? Dit hang af met wie ‘n mens gesels, want stories is plooibaar.

Oor die outeur: Cas Wepenaar is op 2 Augustus 1972 te George gebore. Hy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en later ook ann die Universiteit van Tilburg (Nederland). In 2004 voltooi hy ‘n doktorsgraad en in 2015 behaal hy ‘n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria inder leiding van Henning Pieterse. Cas was tussen 2010 en 2019 Professor aan die Universiteit van Pretoria eb sedertdien aan die Universiteit Stellenbosch.

Publikasies: Dubbelfoto (Kortverhale 2013), Syferfontein (Romans 2016) Johanna (Romans 2017) end Die Slaghuis (Romans 2019).

Cas Wepener

R295.00

Available on back-order

Description