NV September: Die lang papawer (sagteband, 304 pg) Kristel Loots

Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?
Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ‘n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ‘n pastoor van ‘n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min. Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ‘n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.
Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ‘n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.
Later jare, tydens Covid, kry die komplikasies rondom haar gesin,Beer en haar liewe, halfheilige pa net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

Die lang papawer het ‘n ligte aanslag en wys weer die humor waarvoor Kristel Loots bekend is. Ons reis saam met Libbi van haar studentedae tot in haar middeljare. Libbi moet, soos vele vroue, op die harde manier leer dat geluk haar ook toekom, en dat haar lewe nie ander mense – meestal mans – hoef te dien nie. Loots het lanklaas ‘n karakter gehad met só ‘n sterk eie stem soos Libbi, in haar onsekerheid sowel as in haar wasdom later. Libbi is outentiek, gerond en heeltemal oortuigend.

Kristel Loots

R290.00

Available on back-order

Description