NV September: Die Kaapse slawe 1652–1838: ’n Kultuurhistoriese perspektief (Sagteband, 712 pg) Eunice Bauermeester

Publikasie 21 September

Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur. In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.

OOR DIE OUTEUR

Eunice Visser het ’n B.A.-graad met hoofvakke Afrikaans-Nederlandse Kultuurgeskiedenis en Dramakunde en ’n B.A. (Honneurs) in Kultuurgeskiedenis met lof asook ’n Magistergraad in Kultuurgeskiedenis (Die Kaapse Slawe in Kultuurhistoriese perspektief 1652 – 1838) met lof aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was tot 1992 by die Namibiese Departement Nasionale Opvoeding onder meer as kurator kultuurgeskiedenis by die Nasionale Museum werksaam. As kultuurbeampte tree sy in 1986 op as sameroeper van die 500-jarige Diego Cão-herdenkingsfees en is ook later sameroeper van die eerste multikulturele Nasionale Jeugkoor van ’n onafhanklike Namibië. In dié tyd was sy ook sekretaresse van die Nasionale Pleknamekomitee. In haar vrye tyd skryf sy enkele kunsresensies vir die dagblad Republikein. In 2012 kruis haar pad met die Suid-Afrikaanse filmmaker Koos Roets en sy raak nou self betrokke by die bedryf in ondersteunende hoedanigheid van Roets as onder meer teksredigeerder, kunsadviseur en assisitent van films soos Faan Se Trein en ’n Pawpaw vir my Darling waartydens sy ook betrokke is by die stilfotografie tydens verfilming.

Eunice Bauermeester

R795.00

Available on back-order

Description