NV September: Die Waterplek: Afrika Volume 1 (Sagteband, 352 pg, Volwasse fiksie / Fantasie) Carina Stander

Carina Stander se Bergengel-trilogie word voltrek in twee dele: Die Waterplek: Afrika en Die Waterplek: Gabriëllië. Die Waterplek: Afrika verskyn in September 2022 en Die Waterplek: Gabriëllië sal na verwagting in September 2023 verskyn.
Drie herfse het verloop sedert dié dag toe Gibor Verberger so halfterloops die bestaan van die Waterplek aan sy seun bekendgemaak het. Baie water en bloed het intussen in die see geloop en nou verlaat die sewentienjarige Eron Verberger uiteindelik sy geboorteland in die hoop om die laaste Geseënde en sy pa by die Waterplek te vind: die skuilplek in Afrika wat Gibor vir die vlugtelinge van die Vuurstorm voorberei. By die hawe in Gabriëllië groet sy oom Ruach hom met dié woorde: “Jy, Eron Verberger, het ‘n onverskrokke soort waagmoed wat my dikwels bevrees maak. Selfs as wordende Bergengel leef jy op die hoogtes, daar waar die lug min is en die gevaar so groot soos die uitsig.”
Dís die waarheid, want ná die botsing met Velvel Azazel in Bellar, waar Eron en Lia eers gedwing word om die Bloedverbond te smee en dan deur die Wonderwese bevry word, lê sy mees uitdagende reis voor. Die seepad is lewensgevaarlik en sy verhouding met Lia is ‘n ingewikkelde vervlegting van wantroue en begeerte. Eron ontmoet nuwe vriende en ou vyande; ou vriende en nuwe vyande. Sy pad kruis met ‘n flambojante heerseres en ‘n slangbesweerder; ‘n reusagtige seevaarder en ‘n dogtertjie wat reënwind maak; ‘n olifantkalf en ‘n magiese ietermagog; koraalriwwe en ‘n bergvesting waar towerspreuke skynbaar in elke groef en gleuf ingemessel is. Van die Onbekende Eilandgroep tot Olam, van Waširgzondu tot die Waterplek word Eron tot die uiterste gelouter, en moet hy homself afvra: Is hy been van Gibor Verberger se been en bloed van sy bloed? Is hy waaragtig die honderdste Bergengel van Gabriëllië

OOR DIE OUTEUR

Carina Stander (gebore in 1976) was plaaskind in die Waterberge van Limpopo. Ná ’n honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria werk sy ’n paar jaar vir beeldhouers in Cambridge en die Skotse Hoogland. Ná ’n meestersgraad (met lof) in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad verskyn haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg (Tafelberg 2006). Dit was op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg debuutprys en agt van dié gedigte is in Groot Verseboek opgeneem. ’n Hand vol gedigte uit haar tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009) is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep Souldada vir hul CD’s Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD Onthou.

Sedert 2006 is sy vryskutjoernalis by ’n tiental nasionale tydskrifte en koerante, was twee maal Artikelskrywer van die Jaar by die Media24 tydskrif Lééf en finalis vir die AKTV-Mediaveertjie. Sy publiseer in versamelbundels en van haar kortverhale en gedigte is voorgeskryf vir skole. Wildvreemd, haar debuutroman, verskyn in 2011 by Tafelberg en word in 2013 ook in Nederlands vertaal (Uitgeverij Athenaeum). Van Cordis Trust ontvang Carina die Orde van die Goue Pen en sy gebruik dié publikasieprys om haar seun Aden van Niekerk se eie vertellings en sy kinderkuns byeen te bring in Wolkland (2013) – ’n kinderboek deur ’n kleuter. Carina woon in die Tsitsikamma saam met haar man en twee seuns.

Carina Stander

R295.00

Available on back-order

Description