Site icon Book Hub

NV September: Die Waterplek: Afrika Volume 1 (Sagteband, 352 pg, Volwasse fiksie / Fantasie) Carina Stander

Drie herfse het verloop sedert dié dag toe Gibor Verberger so halfterloops die bestaan van die Waterplek aan sy seun bekendgemaak het. Baie water en bloed het intussen in die see geloop en nou verlaat die sewentienjarige Eron Verberger uiteindelik sy geboorteland in die hoop om die laaste Geseënde en sy pa by die Waterplek te vind: die skuilplek in Afrika wat Gibor vir die vlugtelinge van die Vuurstorm voorberei. By die hawe in Gabriëllië groet sy oom Ruach hom met dié woorde: “Jy, Eron Verberger, het ‘n onverskrokke soort waagmoed wat my dikwels bevrees maak. Selfs as wordende Bergengel leef jy op die hoogtes, daar waar die lug min is en die gevaar so groot soos die uitsig.”
Dís die waarheid, want ná die botsing met Velvel Azazel in Bellar, waar Eron en Lia eers gedwing word om die Bloedverbond te smee en dan deur die Wonderwese bevry word, lê sy mees uitdagende reis voor. Die seepad is lewensgevaarlik en sy verhouding met Lia is ‘n ingewikkelde vervlegting van wantroue en begeerte. Eron ontmoet nuwe vriende en ou vyande; ou vriende en nuwe vyande. Sy pad kruis met ‘n flambojante heerseres en ‘n slangbesweerder; ‘n reusagtige seevaarder en ‘n dogtertjie wat reënwind maak; ‘n olifantkalf en ‘n magiese ietermagog; koraalriwwe en ‘n bergvesting waar towerspreuke skynbaar in elke groef en gleuf ingemessel is. Van die Onbekende Eilandgroep tot Olam, van Waširgzondu tot die Waterplek word Eron tot die uiterste gelouter, en moet hy homself afvra: Is hy been van Gibor Verberger se been en bloed van sy bloed? Is hy waaragtig die honderdste Bergengel van Gabriëllië
Exit mobile version