Description
Dié boek bevat liplekker resepte wat wissel van die perfekte tjoppie tot potbrode en slaai – en ja, jy kan slaai braai! Martelize deel gunstelinge waarmee sy grootgeword het en verskaf ‘n magdom uithaler-resepte met ‘n kinkel wat jou smaakkliere sal prikkel. Sy gee raad oor potjies, roosters en basiese braaitegnieke. Met resepte vir ribbetjie, lamsrol, platbrood en haar pa, potjiekos-koning Matie Brink, se gewildste afvalpot. Natuurlik is daar ook iets vir die soettand – alles oor die vuur!