NV September Romanzas – 4 Boeke Bundel (Sagteband, 208 pg) MARILÉ CLOETE, MADELIE HUMAN, LOUISE VAN DER MERWE, BETS SMITH

Publikasie September – neem asseblief kennis dat hierdie boek nie beskikbaar is tot einde Augustus / begin September nie

BLOM VAN SY HART – MARILÉ CLOETE

Liefde maak twee harte een.

Christeline Samuels is pas terug ná sy haar doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: ‘n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van ’n tuindiens wees en daarby ’n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op ’n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van ’n blom moet egter nie onderskat word nie.

ONTYDIG – MADELIE HUMAN

Liefde is tydloos.

Juliette het altyd gedink haar oupa se stories oor sy silwer sakhorlosie wat magiese kragte beskik was sommer versinsels. En toe beland sy in die een en twintigste eeu nadat sy en Juli, haar nasaat van driehonderd jaar later, plekke geruil het. Luan Beukes het sy hande vol met die vrou wat sy aangenome suster se plek kom inneem. Hy ontdek dat hy dit geniet om haar touwys te maak oor die ingewikkeldhede van die hede, want hierdie vrou maak iets in hom wakker wat hy nooit te wagte was nie. Juliette ontdek op haar beurt weer ‘n innerlike krag en begin stadig maar seker aanpas in die moderne wêreld. Boonop begin sy vir Luan leer ken en dis nie lank voor hy haar hart behoorlik by haar vreemde nuwe klere wil laat uitspring nie. Dalk was die omruiling toe nie so ontydig nie…

OORFONE EN OEFENFIETSE – LOUISE VAN DER MERWE

Liefde kan enige uitdaging oorkom.

Karli Visser is ‘n radio-omroeper, binnekort dertig jaar oud, en nie meer seker of sy lus is om haar gemaklike lewenstyl en spasie met iemand anders te deel nie. Maar haar kollegas en vriende het ander planne en voor sy kan keer is sy in die middel van ‘n realiteitsprogram besig om te swoeg en sweet om 20kg te verloor met een van die sexieste Bachelors in Bloemfontein. Sybrand Naude is ‘n biokinetikus by ‘n vooraanstaande hoërskool. Hy geniet sy werk, maar sy groot droom is om eendag sy eie praktyk te hê. Dalk is hierdie openbare sirkus saam met Karli en haar radioprogram net die afskop wat hy nodig het. ‘n Vrou soek hy nie, want hy het gesien hoe liefde sy broer gebreek het. Al probleem is dat Sybrand totaal en al hopeloos in die taal van die liefde is, en veral oor vrouens oor die algemeen. Gaan Karli hom uit sy penarie kan red sodat hy ook geluk kan vind of is hy ‘n verlore saak?

‘N RIDDER VIR AMÉLI – BETS SMITH

‘n Ware liefdesverhaal het geen einde nie.

Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Ingeperk in ’n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy ’n onverwagse ontsnappingsroete ontdek na ’n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Gideon Barnard is ‘n sakeman en mede-eienaar van ‘n familiebesigheid, ‘n helikoptervlieënier en fotograaf. Hy is dinamies, intelligent en ‘n man wat weet wat hy uit die lewe wil hê .
Vir Amelia is hy die man van haar hart en herontdek sy haar skeppingsvermoë saam met hom. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?

MARILÉ CLOETE, MADELIE HUMAN, LOUISE VAN DER MERWE, BETS SMITH

R380.00

Out of stock

Description