Sale!

NV September: Uit die Donker (Sagteband, 304 pg) Santie van der Merwe

Publikasiedatum 1 September 2022

Uit die donker bekyk die impak van ’n buite-egtelike verhouding vanuit verskeie perspektiewe: dié van Ian, sy vrou Henriette, die “ander vrou” Madelein, asook Ian se tienerdogter. Elke karakter gee ’n unieke blik op wat dit beteken om met ’n geheim saam te leef.

Santie se skryfwerk word gekenmerk deur deurleefdheid en ’n fyn humorsin. Sy word geloof daarvoor dat haar werk van deernis met die mensdom spreek en sy skryf met insig en sensitiwiteit oor volwasse verhoudings binne én buite die huwelik.

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is.
Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het ‘n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie ‘n leuen kan lewe nie. Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. ‘n Besluit wat nie net ‘n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.
Die skrywer: As jong tuisblyma het Santie van der Merwe ’n paar kortverhale in tydskriftegepubliseer. Toe haar jongste kind universiteit toe is, het sy vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse skryfwedstryd ingeskryf en het tweede prys virhaar kortverhaal, “’n Dag in Junie” gewen. Dit was haar motivering om haar hand aan ’n roman te waag. Sy het intussen sewe romans geskryf, waarvan Gelyke kans en Anderkant vergeet albei finaliste was vir die ATKV-Woordveertjie virLiefdesromans.

Santie van der Merwe

R245.00

Available on back-order

SKU: 9781776351930 Categories: , , , Tag:

Description

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is. Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het ‘n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie ‘n leuen kan lewe nie. Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. ‘n Besluit wat nie net ‘n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.