NV: So lyk ‘n vrou – my 40 jaar van hel met ‘n narsis (Sagteband, 264 pg) Ilse Verster

Terug in die spaarkamer. Skok tree in. Bewerasie, naarheid. Die huis klink hol. Ek hoor iemand huil. Tyd staan stil. Ek sit. Dreunende klanke en pyn. Harde klappe teen die kamervenster laat my skrik. “Esli, maak oop!” Hy stap verby my. “So lyk ‘n vrou wat met haar man kak soek,” sê hy. Bert, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond. Maar hoekom val Bert se broer uit ‘n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bert se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bert, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën? In So lyk ‘n vrou… vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ‘n leeftyd van mishandeling, in ‘n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ‘n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red. Die boek beeld die komplekse aard van gesinsgeweld uit. en kan kan lesers help om gevaarligte in hul eie lewens raak te sien. Dit wys ook hoe om maatreëls van die Wet op Gesinsgeweld te gebruik en illustreer hoe sienings rondom geslagsgebaseerde geweld oor die laaste vyftig jaar verander het. Dit dra ‘n boodskap van hoop, heelwording en genesing oor. So lyk ‘n vrou… is Ilse se eerste boek. Sy het eerstehandse ervaring van die gebeure wat sy beskryf.

Ilse Verster

R290.00

Available on back-order

Description