OLIE VIR JOU LAMP (Maart 2023, Christelike Niefiksie, Sagteband, 192 pg) EMSIE MARTIN

Nou beskikbaar. Olie vir jou lamp bevat 180 dagstukkies met daaglikse inspirasie en bemoediging vir alle aspekte van die lewe, vir jonk en oud. Lees meer hieronder.

EMSIE MARTIN

R220.00

Available on back-order

Description

Olie vir jou lamp bevat 180 maklik-lees dagstukkies vir geestelike inspirasie en bemoediging in moeilike tye, tye waarin mense soms tou opgooi omdat dinge net te veel raak, en tye wanneer ’n mens emosionele en sielgerigte onderskraging nodig het. Die skrywer deel waarhede oor leiding uit die Woord wat mense soms nie wil hoor nie, maar tog so nodig het. Die doel van hierdie boek is om ander te inspireer, te bemoedig en geestelik te versterk in geloof. Die skrywer het mense se nood ondervind in versoeke oor seer, bitterheid, vergifnis, familietwis, koue geestelike lewe, huweliksprobleme, verwerping, ontrou, selfdood van geliefde, selfverwyt, afguns, die nagevolge van die Covid-19-pandemie en vele meer relevante temas.