Onthoukos (Mei 2023, Sagteband, 160 pg) Tiaan Langenegger

Nou beskikbaar. Sjef Tiaan Langenegger is ’n gewilde Suid-Afrikaanse seleb-TV-sjef. Die boek bevat sowat 70 resepte – kwistig gestileer, met volkleurfoto’s. Die resepte weerspieël sy liefde vir sowel radisionele as hedendaagse smulkos, van bredies en pasteie tot ciabatta en tuisgemaakte roomys. Dis maklike resepte vir almal, of jy nou kan kook of nie! Lees meer hieronder.

Tiaan Langenegger

R360.00

Available on back-order

SKU: 9781432311537-1 Categories: , , Tag:

Description

Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê.

Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n “seleb” wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels! Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore.

Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer “back to basics”. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Français op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.