Site icon Book Hub

Oor en weer (Sagteband, 304 pg) Trisa Hugo, Analize Viljoen

Sy is my buurvrou en my vriendin, en sy het net vir my … Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ‘n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ‘n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is. Hierdie is ‘n debuut deur twee skrywers wat met insig en deernis skryf oor vriendskap, buurmanskap en liefde. Die boek werp ‘n blik op die patriargale stelsel van Irak en die impak wat dit op vroue het. Fisiese- en emosionele mishandeling en manlike dominansie is ook belangrike temas.

Exit mobile version