Op reis met ‘n hond (Afrikaans, Paperback, 128 pg) Anna Kemp

’n Opwindende nuwe stem in kort prosa in Afrikaans. Die vertellings in hierdie debuutbundel speel op mekaar in en ontgin temas soos verlies, die verlede, geweld, vervreemding, skuld, die rol van kuns, en die spanning tussen die Europese en Afrika-bewussyn. Dieselfde stem klink deur al die vertellings, wat gekenmerk word deur fyn waarneming en herhalende motiewe, met oomblikke van wrang humor (in bv. “Skemeraand op ’n Boereplaas, oftewel Götterdämmerung op Gebedsfontein”). Herhalende motiewe sluit onder meer in die hond, die politieke onsekerheid in die land, en die kunstenaarsfiguur wat vervreem word van die werklikheid en ontvlugting vind in die Europese letterkunde. Die vertellings is uiteindelik ’n oopteken van ’n landskap van verlies, maar nie sonder ’n afstandelike ironie en die salwing wat kuns en herinneringe kan bring nie.

Anna Kemp

R170.00

Available on back-order

SKU: 9780798151849 Categories: , , ,

Description