Pharos klein woordeboek Afrikaans-Engels / Engels-Afrikaans

Pharos

R145.00

Available on back-order

Description

Die gewilde Pharos Klein woordeboek (2020, 14de uitgawe, 12de druk) het ‘n splinternuwe oranje baadjie!

Hierdie handige tweetalige woordeboek, wat klein genoeg is om oral saam te dra, is reeds dekades lank ‘n wenner – ‘n kitsnaslaanwerk wat talle hedendaagse woorde en uitdrukkings, afkortings en akronieme wat relevant is vir die huidige Suid-Afrika bevat. Duisende keusewoorde, amper-sinonieme, afleidings en samestellings maak die woordeboek uiters bruikbaar. As riglyn vir die regte uitspraak van woorde word die hoofklem vir die trefwoorde sowel as die afleidings en samestellings gegee.

Die name van Suid-Afrika se nege provinsies en elf amptelike tale kan vinnig agterin nageslaan word.

Maklik om te gebruik

Kompak
Vinnige vertalings
Afkortingslys
SA se provinsies en amptelike tale

Taalleiding

Hoofklem
Verlede tyd van werkwoorde
Meervoude
Trappe van vergelyking
Homonieme
Sinonieme
Samestellings en afleidings
Vaste uitdrukkings en frases