Romanza: Voor ‘n oop deur ( 2020-07-30) – OUT OF PRINT

Frieda van der Westhuizen

R95.00

Out of stock

SKU: 9780799399981 Category:

Description

Los jy werklik jou probleme agter wanneer jy die deur daarop sluit? Marguerite Rossouw, of Magriet, soos almal haar noem, vlug na Sedgefield om beheer oor haar eie lewe te kry. Sy het lanklaas gevoel of sy haar eie toekoms bepaal: Haar pa het vir haar miljoene rande gelos en haar man is ‘n beheervraat. Sy gebruik die naam Melissa en vind vrede in dié kusdorpie. Hier ontmoet sy Aaron Dorfling, ‘n aantreklike vreemdeling wat vir haar blyplek aanbied nadat ‘n ongeluk haar van haar geheue beroof. Wanneer sy uiteindelik haar geheue herwin, besluit sy om haar identiteit ‘n geheim te hou en steeds die naam Nina, soos die verpleegsters haar in die hospitaal gedoop het, te gebruik. Sy besef ook dat sy vir Aaron lief geword het, maar haar ou lewe saam met Paul dreig om haar nuutgevonde geluk saam met Aaron te verwoes. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Voor ʼn oop deur is Frieda van der Westhuizen se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: – Derde keer gelukkig (Junie 2014), – Haar trouman (Januarie 2015), – Bosveldroos (Desember 2015), en – Liefde ruik soos katjiepiering (Junie 2019).