Rooiletterkind (Nie-fiksie, Sagteband) Sandy Schoeman

Wat maak jy met ’n kind wat aanhou om teen jou liefde te baklei? Hoe help jy haar deur die slaggate van die lewe as jyself nooit daardeur is nie? Lees meer hieronder.

Sandy Schoeman

R240.00

Available on back-order

SKU: 9781776172757 Categories: , ,

Description

My reis, eers as pleegma en later as aanneemma, was nie een waarop iemand my kon voorberei nie. Rooiletterkind is my poging om hierdie reis so eerlik as moontlik te ondersoek, vanaf die vertrekpunt een oggend voor ’n kerkdiens tot by ’n handgemaakte Moedersdagkaartjie meer as vyf jaar later.

• Wat maak jy met ’n kind wat aanhou om teen jou liefde te baklei?
• Hoe help jy haar deur die slaggate van die lewe as jyself nooit daardeur is nie?

Dit is maar net twee van die vele vrae wat ek myself onophoudelik moes vra terwyl ek verbete vasklou aan ’n rooiletterdatum, ’n halsstarrige kind en ’n hart wat gereeld uit my borskas geruk word. Saam met ons eie verhaal was daar egter ook ander stories wat vertel moes word — stories van ons kind se herkoms, van gebrokenheid en straatmense en kriminele en ’n drughuis sonder reëls of taboes.

» Rooiletterkind is ’n boek waarmee enige ouer sal kan identifiseer.
» Dit plaas die broosheid en feilbaarheid van ouerskap onder die vergrootglas. Die boek volg ook die innerlike reis van die skrywer.
» “Die skrywer omskep haar eie rooiletter-pyn in woorde, en stuur daardeur ‘n boodskap van hoop; ‘n glimps op wat moederskap behels en ‘n herinnering dat liefde immer die grootste is.” — Anschen Conradie, Media24 Boekresensent