Sagie se storie: ‘n Drieluik (Maart 2023, Roman, Sagteband, 288 pg) Jan van Tonder

Nou beskikbaar.  ‘n Drieluik: Is Sagie, Is weer Sagie, en, splinternuut, Sagie is.  Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel.  Lees meer hieronder.

Jan van Tonder

R310.00

Available on back-order

Description

In die eerste boek, In Sagie, word ons betower deur die weerloosheid en onskuld van Sagie se half-verstaan. Tog weet hy baie van boerdery. En wanneer hy Ansie ontmoet, word sy wêreld volmaak. Hy leer Ansie van die veld en die wonder van die Klein-Karoo. En oplaas loop hy verlies op die lyf.

In Is weer Sagie beleef Sagie opnuut eensaamheid. Klip vir klip begin hy bou aan ‘n huis langs die kleidam vanwaar hy die Dwarsriviervallei en Towerkop mooi kan sien. Hy glo Ansie sal terugkom na hom toe sodra daar rook uit die skoorsteen trek.

En dan, Sagie is. Sagie boer nou alleen op Greundal en kry meer te doen met die goed en kwaad in ander mense. Maar deurentyd bly Ansie in sy kop, al is daar die vertroostende teenwoordigheid van Sofia. Eendag sal hy op die Makkadas-trein klim en na Ansie soek tot hy haar kry.

Oor die skrywer: Jan van Tonder het in 1983 gedebuteer met die roman Wit vis. Hierna volg kortverhale, Aandenking vir ’n vry man en die roman Is Sagie . Die kind het die ATKV-prosaprys en ook die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy romans Roepman, Die verevrou en Grootgeluk is vir verskeie literêre pryse benoem, en Roepman is ook verfilm.