Sielsmokkelaar: Die enigste ding om te vrees, is vrees (Afrikaans, Paperback, Revised ed, 250 pg) Leon van Nierop

Ramon skommel die tarotkaarte. Dit voel of dit lewend word. Hy vryf met sy duim oor die onderste kaart en iets skerps steek hom. ’n Druppel bloed val op die tafel. Hy ruk terug en draai die kaart om. Dis die doodskaart. Ramon Fraser is al sy hele lewe lank ’n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is ’n fortuinverteller, maar weier om sy toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal … Ramon moet weer vlug en beland op ’n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oe wat na hom kyk. Iewers in daardie oe sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin. En so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin. Hierdie is ’n verwerkte uitgawe van Van Nierop se roman Die Sielsmokkelaar wat in 1996 verskyn het.

Leon van Nierop

R225.00

Available on back-order

Description