Description
Vir Stefan is die oorgang van seksuele dier tot voorbeeldige pa ‘n naatlose een. Dis soos verskillende kamers in jou kop, se hy vir homself, wat niks met mekaar te doen het nie, waar jy kan ingaan en uitkom nes jy wil, die deure agter jou toemaak. Aan die manier van dink en handel is daar vir hom niks onsedelik of selfs ongemaklik nie; dit is hoe jy oorleef in ‘n wereld wat byna om elke hoek teen homself draai. Trouens, hy is trots op sy vermoe om ‘n verkleurmannetjie te wees. Nee, nie ‘n verkleurmannetjie nie, eerder ‘n man van vele fasette, a man for all seasons – dit verg immers ‘n sekere intelligensie.