Sulke Vriende Is Skaars – Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949-1981 (Afrikaans, Sagteband, 512 pg) Stephanie Voss, Stephanus Muller

Sulke vriende is skaars. Die briewe van Anton Hartman en Arnold van Wyk bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak. Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.

Stephanie Voss, Stephanus Muller

R395.00

Available on back-order

Description

OOR DIE OUTEURS

Stephanus Muller is professor in musiek en die direkteur van die Africa Open Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovasie aan Stellenbosch Universiteit. Sy drievolume werk oor Arnold van Wyk, Nagmusiek (Fourthwall 2014), is bekroon met die Eugène Marais-prys, die Jan Rabie Rapport-prys, die UJ-prys vir debuutfiksie en die kykNET-Rapport-prys vir niefiksie. Sy nuutste boek, The Journey to the South (SunMedia, 2019), met illustrasies deur die kunstenaar Manfred Zylla, handel oor sensuur en transformasie aan Suid-Afrikaanse universiteite. Hy publiseer die aanlyntydskrif herri en is die mederedakteur van South African Music Studies (SAMUS).

Stephanie Vos is ’n postdoktorale genoot by Africa Open Instituut, Navorsing en Innovasie aan Stellenbosch Universiteit. Hier is sy is die dryfveer agter die Interdissiplinêre Forum vir Populêre Musiek (IFPOP), ’n projek wat kritiese perspektiewe op populêre musiek ontwikkel vanuit ’n Suid-Afrikaanse hoekpunt. Stephanie se navorsingsbelangstellings is divers, en strek van ontheemding in Suid-Afrikaanse opera (met ’n fokus op John Joubert), uitgewekenheid in Suid-Afrikaanse jazz in die musiek van Abdullah Ibrahim, en politiek en ritueel in Zim Ngqawana se Exhibition of Vandalizim. Haar se skryfwerk verskyn in South African Music Studies Journal (SAMUS), The Conversation AfricaLitNet en die volume Playing for Keeps (uitgegee deur Duke University Press).