Sale!

Syferfontein (Afrikaans, Paperback, 213 pg)

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons ’n wereld en ’n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is. Sien hieronder vir meer …

Cas Wepener

R225.00 R212.00

Description

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met ’n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is. Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van ’n enkele naweek.