Description
Madelein Rust het terminale beenkanker. Sy besluit dat sy tot sy sterf, werklik gaan lewe.
In hierdie dapper en pynlik eerlike boek verken die geliefde skrywer hoe sy kan leef, noudat sy weet sy is besig om dood te gaan. Madelein benader haar naderende dood op ’n praktiese manier en ondersoek onder meer die volgende sake wat sy glo mens moet reghê voor jy sterf: ontdek wie jy werklik is, pynbestuur, jou behandelingspan en -plan, jou testament, en hoe om hospiessorg te benader. Sy gee ook ’n lys van Bybelverse wat versterk en troos. Madelein trek as’t ware die dood se angel, vir haarself, vir die persoon wat siek is, en ook vir die siek een se geliefdes.
’n Aangrypende opvolg op Kanker Schmanker!