Ver in die wêreld (Kortverhale, Feb 2023, Sagteband, 256 pg) Frederik de Jager

Nou beskikbaar.  Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager, is 23 lekkerleesstories oor die lewe in die buiteland deur expat-skrywers soos Marita van der Vyver, Zirk van den Berg, Eben Venter en Chris Karsten. Sommige van die verhale is suiwer fiksie, en ander is intieme persoonlike ervarings. Lees meer hieronder.

Frederik de Jager

R319.00

Available on back-order

SKU: 9780624089575 NB Categories: , , Tags: ,

Description

Die mens was nog altyd ’n rustelose wese. Om nomadies te wees is in ons bloed. Vandag het byna een miljoen Suid-Afrikaners reeds emigreer – van ons naby familielede en vriende. Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager, is 23 lekkerleesstories oor die lewe in die buiteland deur expat-skrywers soos Marita van der Vyver, Zirk van den Berg, Eben Venter en Chris Karsten. Sommige van die verhale is suiwer fiksie, en ander is intieme persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan. Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Frankryk, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke ver in die wêreld waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Oor die skrywer: Frederik de Jager (1958-) was vir dekades boekredakteur en-uitgewer. Hy is mede-eienaar van The Talking Table op die Griekse eiland Lesbos waar kreatiewe werkswinkels aangebied word.

Inhoud
Inleiding – Frederik de Jager (Griekeland)
Giraf – Zirk van den Berg (Nieu-Seeland)
Tapas – Valda Jansen (Duitsland)
Drie vinjette – Donnay Torr (Australië)
Goud, wierook en pille – Annemarié van Niekerk (Nederland)
Want die nag behoort aan ons – Marita van der Vyver (Frankryk)
Otto, Franna Otto – Cobus Heyl (Verenigde Koninkryk)
The Great Wall of China – Gerhard Greyvensteyn (China)
Eenduisend siele – James Scott (Australië)
New York, hallo en koebaai – André-Pierre du Plessis (Verenigde State)
Die Bloomsday voor Brexit – Naomi Meyer (Ierland)
Onse mense – Zirk van den Berg (Australië)
Mina Muis – Annemarié van Niekerk (Nederland)
Brugge – Quintus van der Merwe (België)
Die weglopers – Chris Karsten (Kanada)
Ontmoeting Annelize van Rooyen (Verenigde Koninkryk)
Die belofte van wolke – Elise van Wyk (Nieu-Seeland)
’n Hond se hart – Elsabe de Jager (Kanada)
Om te rol of nie te rol nie – Elisia Strydom (Duitsland)
Al en Charlize – André-Pierre du Plessis (Verenigde State)
Die Swart Ridder – Christina van Deventer (Ysland)
So long, Marianne – Maya Fowler (Kanada)
Vreemdeling in ’n wildvreemde wêreld – Julian de Wette (Verenigde State, Kazakstan)
As ek kan liefhê – Eben Venter (Australië)