Site icon Book Hub

Ver Wink Die Suiderkruis (September 2023, Herdruk, Tussen stasies trilogie 1 van 3, 544 pg) Irma Joubert

Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende wêreld om haar. Maar die man wat haar pa aanstel om haar op te pas terwyl sy navorsing doen in die agterbuurte, krap haar netjiese planne deurmekaar. Want hy leer haar hart vlieg, laat ’n vreugde diep binne-in haar oopbreek. Maar hy ketting haar ook vas. “In die regte lewe is daar nie ’n óns nie, Kate …” Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker. Hul wêrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.

Exit mobile version