Description
Is jy vasgevang in ’n loopbaan maar streef na meer? Meer finansiële en persoonlike vryheid? Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer wat van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin en sy eie baas te wees, maar word deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar. Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander toe hy by die werk voor ’n groot besluit te staan kom . . . Dié boek deur die skrywer van die topverkoper Dink soos ’n miljardêr is propvol nuttige en praktiese raad vir entrepreneurs. Dit gee waardevolle wenke oor hoe om welvaart te skep, jouself beter te leer ken, terug te gee, en volhoubare stelsels te skep.