Wit Terroriste – Afrikaner-Saboteurs in die Ossewabrandwagjare (Sagteband, 303 pg, Nie-fiksie) Albert Blake

Dié deel van die Afrikaner-geskiedenis is doelbewus diep begrawe: Wit terroriste ― militante Afrikaners ― het gedurende die Ossewabrandwagjare bomme geplant, kragstasies opgeblaas en sluipmoorde uitgevoer. Dié terreurveldtog het Suid-Afrika in die 1940’s bitter naby aan ‘n afgrond van anargie gebring.  Lees meer hieronder.

Albert Blake

R345.00

Available on back-order

Description

Dié deel van die Afrikaner-geskiedenis is doelbewus diep begrawe: Wit terroriste ― militante Afrikaners ― het gedurende die Ossewabrandwagjare bomme geplant, kragstasies opgeblaas en sluipmoorde uitgevoer. Dié terreurveldtog het Suid-Afrika in die 1940’s bitter naby aan ‘n afgrond van anargie gebring.

Daar was sabotasiedade, spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings.

In hierdie boek klim Albert Blake in die koppe van die Afrikaners wat aan dié terreurveldtog deelgeneem het om te verklaar wat hulle daartoe gedryf het om bomme te plant en ‘n magdom ander dade van sabotasie te pleeg.

Waarvoor het dié Afrikaners baklei? Was hulle verraaiers of inderwaarheid patriotte? Kan hulle gewelddadige dade moreel geregverdig word as instrument om politieke en maatskaplike ontevredenheid op te los? Blake krap rond in hierdie ongemaklike deel van die Afrikaner-geskiedenis en vind ‘n waarheid veel vreemder as fiksie.