Word ‘n Influencer (Sagteband) Elma Smit

Moet ‘n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee! Daar ís egter ‘n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het.

Elma Smit

R240.00

Available on back-order

Description

Moet ‘n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee! Daar ís egter ‘n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het. Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media – ‘n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!) nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ‘n meningsvormer te wees as uit enigiets anders. In Word ‘n Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -meningsvormers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ‘n mens ‘n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van meningsvormers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsguru’s verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op meningsvormers vir veldtogte besluit word.