Word Ryk, Bly Ryk: Hoe Om Welvaart Te Skep en Bestuur (Julie 2023, Sagteband, 200 pg) PJ Botha, Geo Botha

Nou beskikbaar.
In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan. Lees meer hieronder.

PJ Botha, Geo Botha

R250.00

Available on back-order

SKU: 9781776390946 Categories: , , Tag:

Description

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.