Oor ‘n motorfiets, ‘n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word

Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies. Gr 6 – 7 HT / Gr 8 – 9 EAT

Jaco Jacobs

R195.00

Available on back-order

SKU: 9780799362404 Categories: ,

Description

My naam is Martin Retief. Ek is dertien jaar, elf maande en twaalf dae oud. My ma noem my Martin, maar almal by die skool noem my Hoender. Ek hou daarvan om dinge te tel. Martin Retief se hele lewe verander een middag toe sy pa op pad huis toe by ’n winkel stilhou om aandete te koop. En terwyl sy gesin probeer om hul verlies te verwerk, versorg hy sy Leghorn-hoenders, verkoop eiers aan die mense op die plotte en doen saans wiskunde as hy sukkel om te slaap. Maar op ’n dag ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly wat na iemand vernoem is. Drikus wat daarvan droom om sy eie zombiefliek te maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies. ’n Hartroerende en dikwels humoristiese grootwordverhaal wat ’n ongewone blik bied op gesinne, vriendskap, die hantering van verlies en langdeelsomme. Gr 6 – 7 HT / Gr 8 – 9 EAT