Romanza: Dubbel die moeilikheid

Ciska Olivier

R95.00

Available on back-order

SKU: 9780639600277 Categories: ,

Description

Hannah of Anna? Wie is nou wie? Hannah is by ‘n onverwagse werksonderhoud terwyl sy veronderstel is om gereed te maak vir ‘n geleentheid saam met haar kêrel. ‘n Onderhoud waarvan hy nie weet nie. Hy sal verstaan, praat sy haarself moed in wanneer sy agterkom sy gaan dit nie maak nie. Wat sy nie verwag nie, is dat haar tweelingsuster, Anna, besluit om haar plek in te neem omdat sy nie self kaartjies vir die vertoning kon bekom nie. Hierdie ondeurdagte besluit van Anna dompel hulle in ‘n situasie waar Hannah haar suster vir die week in Derick se geselskap los. Dit lei egter tot ‘n skokkende gebeurtenis. Hulle raak verloof. Derick is nie verloof aan sy wat Hannah is nie. O nee, sy was nie die een wat “ja” gesê het nie. Dit was Anna. Maar Derick weet dit nie en sy kan nie waag om hom te sê sonder om sy hart te breek nie. Hoe keer sy hierdie weghol-trein? En dan is daar Derick se vriend, Tony. Met sy swart hare, donker oë en die glimlag wat alewig om sy mond huiwer, maak hy iets onverwags in haar binneste wakker. Iets wat haar bang maak en hoe meer hy raaksien, hoe meer wil sy van hom af wegkom. Hy skrik haar af, maar terselfdertyd lok hy haar soos ‘n by na nektar. Dit maak ook nie saak hoe gereeld sy hom probeer vermy nie; hy bly op haar spoor. Hy probeer immers net sy vriend beskerm, maar sy staan die gevaar om haar hart op die verkeerde man te verloor. ‘n Man wat haar sal verag as hy ooit uitvind wat werklik aangaan. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin romanses. Dubbel die moeilikheid is Ciska Olivier se jongste romanse in haar nuwe Kruis jou vingers-reeks. Haar vorige romanses in haar Hartebrekers-reeks het die volgende titels ingesluit: Krummelpap in Parys (September 2018), Vir ‘n oomblik, vir altyd (Oktober 2018), Blomme vir Melissa (Februarie 2019), Ek vertrou jou (Mei 2019), en Haar hartsbegeerte en meer (Julie 2019).