Romanza Omnibus: Altyd Wink die Liefde (Afrikaans, Paperback, 400 pg) Anna van Tonder – OUT OF PRINT

Anna van Tonder se eerste omnibus … Altyd wink die liefde is ’n samestelling van drie van immergroen Anna van Tonder se vorige Romanzas wat sy onder die skryfnaam Annetjie van Tonder geskryf het. Sien hieronder vir meer inligting ….

Anna van Tonder

R230.00

Out of stock

SKU: 9780799394535 Categories: , ,

Description

Nuwe seisoen:

Ronel het nie verwag dat ’n vroulike adjunkhoof so ’n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie.

Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar ná kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning ná haar egskeiding.

Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen – albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne.

Wat beteken dat hulle mekaar ná skooltyd moet sien. Maar van selfs net ’n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Tussen twee vure:

Die laaste ding waarna Helette kom soek het, is om aangestel te word as die au pair van ’n bedorwe kleuter. Maar sy is bereid om enigiets te doen in haar soektog na haar halfsuster. Net jammer die kleuter se pa is ’n te aantreklike en ’n te beduiwelde professor. En net so jammer is dat die ouma glad nie ingenome is met Helette nie – en die professor se jonger broer weer meer as ingenome …

Helette het egter nie voorsiening gemaak vir die gevoelens wat sy vir die professor ontwikkel nie, hoe befoeterd hy ook al is. Of is die rede vir die man se buierigheid dalk dat hy dieselfde gevoelens vir Helette begin ontwikkel?

Raaiselvrou:

Emma arriveer op ’n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om ’n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar sê dit is nie meer ’n gasteplaas nie en sy suster sê dit is.

Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie ’n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oë is juis ’n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste.

Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma ’n saak van groot belang …