Sale!

AS JY NABY IS (Januarie 2024, Sagteband, 192 pg) Salome Schutte

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasie Januarie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is.  Die pad na liefde is soms vol raaisels  … Die verhaal speel af aan die pragtige Wildekus en daar is vele raaisels wat die leser vasgenael sal hou tot die laaste hoofstuk. Hierdie is Salome se eerste Romanza sedert 2019 en lesers gaan dit geniet om weer ‘n verhaal uit haar pen te lees. Lees meer hieronder.

Salome Schutte

R105.00

Available on back-order

SKU: 9781779870032 Categories: , , , Tag:

Description

Na Elmien haar verlowing verbreek, stuur haar pa haar vir n wegbreek na n geheimsinnige bestemming om die hartseer van die mislukte verhouding te verwerk. 

 Vanaf die eerste oomblik word sy betower deur die Wildekus en Sewes Streicher, ‘n man met blou oe en krullerige bruin hare wat sy onweerstaanbaar vind. Daar is ‘n sterk aantrekkingskrag tussen hulle, maar daar is iets waarop sy nie haar vinger kan le nie. 

 Hoekom kry sy die gevoel dat sy al voorheen hier was? Hoekom voel Sewes en sy ma vir haar so bekend? En hoe pas haar pa by alles in? 

DIE SKRYWER: Salome Schutte het haar loopbaan as joernalis by ‘n dagblad begin, waarna sy in die korporatiewe bedryf gewerk het. Sedert die ge­ boorte van haar twee dogters, Somien en Klarine, werk sy deeltyds aan publikasies vir die landboubedryf. Sy en haar man, Gerhard, woon in die rustige Moot-omgewing in Pretoria. Hulle hou graag vakansie aan die Wildekus.