Romanza – Reis na liefde (Sagteband, 192 pg) C.M. Christians

Liefde gebeur in ‘n oogwink. Hierdie debuut is lekker modern – die heldin is ‘n NSRI-helikopter vlieënier met ‘n sterk persoonlikheid wat haar man kan staan teen onmoontlike situasies. Die agtergrond speel af in die hedendaagse wêreld van realiteitsprogramme. Lees meer hieronder.

C.M. Christians

R100.00

Available on back-order

Description

Liefde gebeur in ‘n oogwink
Karli stel nie belang in ‘n vaste verhouding nie. Nóg minder om deel te wees van ‘n nuwe realiteitsprogram soortgelyk aan ‘The Bachelor’. Wanneer haar beste vriendin, Juliet, haar hulp nodig het om haar werk te red, dink Karli nie twee keer nie. Die plan is eenvoudig: daag op vir die eerste aand se verfilming sonder die risiko om gekies te word vir die program. Of só dink hulle. Dokter Armandt Schutte se familie reken dit is tyd dat hy minder op sy loopbaan fokus en meer op sy liefdeslewe. Onbeplan beland hy as die eerste Bachelor in Reis na Liefde. Armandt is egter nie iemand wat hom laat voorsê nie. Binne ‘n oogwink bevind Karli haarself op ‘n luukse seiljag saam met nege ander dames wat meeding om Armandt se liefde te wen. Sal sy haar hart teen die aantreklike en sjarmante Armandt kan beskerm? Nog belangriker: gaan haar tyd op Reis na Liefde in ‘n ramp eindig?

Hierdie debuut is lekker modern – die heldin is ‘n NSRI-helikopter vlieënier met ‘n sterk persoonlikheid wat haar man kan staan teen onmoontlike situasies. Die agtergrond speel af in die hedendaagse wêreld van realiteitsprogramme.