Sale!

Romanza Jan 2023: ‘n Skatkis vol liefde (Sagteband, 192 pg) Corné van Rooyen

Die sleutel na liefde moet soms voor baklei word. Lees meer hieronder.

Corné van Rooyen

R95.00

Available on back-order

Description

Kort na haar agtiende verjaardag reis Karlijn Verhoefen per skip vanaf Nederland na die Kaap. Een stormagtige nag, val Karlijn oorboord en word deur Jean, die capitaine van die skip Die Carlotta, gered. ‘n Vriendskap ontwikkel tussen haar en Jean en soos sy hom beter leer ken, ontwikkel gevoelens wat sy nie ken nie en wat haar verwar. Jean stel egter nie belang in enige ander vrou nie, want sy hart behoort reeds aan Simoné Dubois. Maar hoekom soen hy haar die dag toe hulle reis tot ‘n einde kom en hul paaie skei? Karlijn begin bou aan ‘n nuwe toekoms in die Kaap. Dinge verloop vlot totdat sy en Jean mekaar op ‘n dag weer raak loop. Die onvoorspelbare gebeur en saam begin hulle ‘n reis wat lei tot ‘n skatkis vol verrassings. Die verhaal speel af in 1802 en is gevul met intriges, interessante karakters en historiese omgewings. Van Rooyen weet hoe om die spanning tussen haar karakters te bou en behou om te sorg vir ‘n passievolle romanse.