Romanza Jan 2023: Net vier kort woordjies (Sagteband, 192 pg) Beatrix Smith

Avontuur + Liefde = Vuurwerke! Lees meer hieronder.

Beatrix Smith

R110.00

Available on back-order

Description

Vir ‘n man is daar nie nou tyd in Tillie se lewe nie, want sy wil haar avontuurlustige drome uitleef. Maar dan duik ‘n geleentheid op om ‘n lank gekoesterde droom te vervul. Professor Ryk Broodryk maak haar ‘n aanbod wat sy nie kan weier nie: trou met hom vir ‘n jaar om sy erfporsie te behou in ruil vir eenmiljoen Rand. Die enigste voorwaarde is dat sy bereid moet wees om drie maande saam met hom in die Amasone deur te bring. Wat sy nie voorsien nie, is dat die singende en ernstige professor haar voete onder haar uitslaan. Gaan Ryk haar avontuurlustige drome kelder, of gaan hy haar mees vervullende avontuur nóg word?