Romanza: Liefde vir ‘n Prins (Augustus 2023, Sagteband, 192 pg) Zinèt Oosthuizen

Nou beskikbaar.   Die liefde laat hom nie voorskryf nie … lees meer hieronder.

Zinèt Oosthuizen

R100.00

Available on back-order

Description

Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees.

Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans en tydens ‘n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is.

Dit is immers een van haar ‘broers’ teen wie sy haar hart moet staal en moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneem-familie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Hoe kan sy vir haar aanneem-familie vertel dat sy op een van haar ‘broers’ verlief is?