Sale!

Romanza Maart 2023: BY JOU IS DIT ANDERS (Sagteband, 192 pg) ELSA WINCKLER

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasie Maart. Neem asseblief kennis dat jou bestelling eers voltooi sal word wanneer voorraad vir hierdie titel beskikbaar is.  Die lewe kan in ‘n oogwink verander … lees meer hieronder.

ELSA WINCKLER

R95.00

Available on back-order

SKU: 9781776358762 Categories: , , Tags: ,

Description

Trou en kinders kry is nie deel van prokureur Lelanie Walter se toekomsplanne nie, maak nie saak hoe lam Werner Steyn, Steynslanden se wynmaker, haar knieë met sy soene maak nie. Werner stel nie belang in enige ander vrou nie, maar hy weet ook dat Lelanie nie wil trou of kinders hê nie. Sy begin boonop mettertyd al minder op die plaas kuier.

Maar die lewe het ’n manier om alle planne vinnig te plooi soos hy dit wil hê. Dít leer Lelanie toe sy ná haar kollega en vriendin se dood hoor sy is as voog benoem vir haar drie maande oue baba, Emma.

Werner se ma vang hom onkant toe sy hom vra om Lelanie op die lughawe te gaan haal. Maar niks kon hom voorberei op die prentjie wat hom inwag nie: Lelanie mét ’n baba.

Oor die skrywer: Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Sy kom uit ’n agtergrond in opvoedkunde, en is op 40 weer terug universiteit toe om ’n Honneurs en MPhil te voltooi. Haar man is haar studenteliefde en na 44 jaar saam, drie interessante kinders en ’n kroos kleinkinders, maak hy nog altyd haar knieë lam, soos dit ’n goeie held betaam. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.