Romanza Maart 2023: HART VAN PAPIER (Sagteband, 192 pg) DIDI POTGIETER

Nou beskikbaar  Liefde is onvoorspelbaar … lees meer hieronder.

DIDI POTGIETER

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781776358847 Categories: , , , Tags: ,

Description

Tien jaar gelede in ‘n kroeg in New York, het twee jong mans ‘n muntstuk gegooi om tussen twee meisies te besluit. John het die stert en die brunette gekry, terwyl sy beste vriend die die pragtige blondine, Kate, gewen het. Maar dit was Kate wat John se hart gesteel het, ten spyte daarvan dat sy met sy vriend getrou het.

Na haar mislukte huwelik, koop Kate die tweedehandse boekwinkel op ‘n klein dorpie in die hoop om New York se stof fi naal van haar voete af te skud. Dit vat egter een Kersfees terug in die groot stad om dinge weer omver te gooi en ʼn spul ongewensde emosies oop
te krap.

John besluit om ‘n einde aan jare se marteling te maak deur Kate op Ridgeway te gaan sien. Wat hy egter nie besef toe hy vir die eerste keer by Next Chapter instap nie, is dat dit net die begin van die volgende hoofstuk is en dat die liefde nie voorgesê kan word nie.

Oor die skrywer: Didi Potgieter woon op Potchefstroom. Haar eerste Romanza, Leer my liefhê verskyn in Januarie 2014 en daarna sien vele ander Romanzas, Super-Romanzas en novelles die lig. Met soveel onvertelde stories in haar kop en hart, hoop sy om nog lank liefdesverhale te skryf. Didi wen in 2018 die ROSA Imbali-toekenning met Liefde vir ’n ridder en in 2021 vir As dit voel soos liefde. Didi was ook al drie keer ’n fi nalis vir die ATKVWoordveertjiesprys vir romanse.