Romanza 2023 April 2023: Matrone op ‘n Harley (April 2023, Sagteband, 192 pg) Rina Cilliers

Nou beskikbaar.  Hierdie is Rina Cilliers se eerste mediese Romanza – ‘n uiters gewilde Romanza-subgenre.  Beoordeel die hart, en ontdek die ware skat. Lees meer hieronder.

Rina Cilliers

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781776358885 Categories: , , , Tags: ,

Description

Beoordeel die hart, en ontdek die ware skat.
Charlotte Beyers doen aansoek vir ‘n pos as matrone by die indrukwekkende Shalom Verpleegkundige Kliniek. Sommer met die intrapslag spring sy en die formidabele baas van die kliniek op ‘n verkeerde voet weg. Volgens hóm lyk sy nie soos wat ‘n matrone behoort te lyk nie, verál nie toe sy met ‘n Harley by die kliniek arriveer nie. Wie weet hoeveel tatoeërmerke onder die sexy leeruitrusting verberg word? Gaan Charlotte haar man kan staan teen die aanvanklike teëstand van die personeel, en veral die antagonisme van haar hoofsuster? Gaan sy bestand wees teen die sterk persoonlikheid van haar aantreklike baas, veral as sy bewus word van emosies wat hy in haar ontketen. Gaan sy weer toelaat dat ‘n man beheer neem van haar lewe? Mag sy die een man oordeel aan die hand van ‘n ander man se neiging tot mishandeling? Eers wanneer sy weer volkome vertroue kry, kan sy die liefde eien en aanvaar.
Verskeie teer aspekte word aangespreek soos die heldin se verlede met mishandeling aan die hand van ‘n man en hoe sy haar selfbeeld en vertroue in mense weer moet herstel.