Romanza Feb 2023: My alles vir jou (Sagteband) Dina Botha

Nou beskikbaar.  Soms moet jy glo in ‘n wonderwerk. Lees meer hieronder.

Dina Botha

R110.00

Available on back-order

Description

Soms moet jy glo in ‘n wonderwerk. Mirre het een droom: Om as sanger in die Silver Sun Arena op te tree. Dis te sê as die befoeterde en arrogante eienaar van die arena, Eric Saunders, haar net ’n kans sal gee. Na ‘n geslaagde oudisie kry sy uiteindelik die opening optrede vir ‘n bekende oorsese musiekgroep. Eric is nie voorbereid op Mirre nie. Hy verloor sy hart op haar en dis duidelik dat sy dieselfde teenoor hom voel. Maar hoekom skram sy weg as daar oor ‘n toekoms saam gepraat word? Wat Eric nie weet nie, is dat Mirre aan ’n ongeneeslike niersiekte ly. Net ’n nieroorplanting kan haar lewe red. Sy worstel met ‘n besluit wat geneem moet word: Leef sy net een keer en gun haarself die oomblik van geluk? Of stuur sy vir Eric weg? Die verhaal spreek die uitdagings aan van persone wat met ‘n ongeneeslike siekte lewe en hul drome en toekomsplanne moet heroorweeg.