Romanza April 2023: Nuwe vlam vir Vincent (April 2023, Sagteband, 192 pg) Cecilia Nortjé

Nou beskikbaar.  Ou liefde, nuwe liefde. Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanse en die werklik menslike verhoudings tussen die karakters. Haar karakters is ook dikwels ouer as die normale held en heldin, veral in hierdie titel. Lees meer hieronder.

Cecilia Nortjé

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781776359141 Categories: , , , Tags: ,

Description

Ou liefde roes nie, selfs nie eers op jou oudag nie. Dít ontdek Mara toe Vincent vyftien jaar na hulle egskeiding weer haar buurman word. Die ou vonk is onmiddellik terug, maar so ook al die ou koeie uit die verlede. Vincent het in die vyftien jaar ná hul egskeiding ‘n hele harem vroue vir hom bymekaar gemaak met ‘n string mislukte verhoudings. Wanneer sy pad weer met Mara kruis, besef hy dat sy nog altyd sy hart in haar hande gehou het en dat hy nie ‘n tweede kans op geluk wil verloor nie. Maar vir Mara lyk dit of Vincent weer besig is met sy ou streke. Sy stel glad nie belang in Vincent en sy skielike vlerkslepery nie. Sal hul harte mekaar weer kan vind? Of het Mara haar hart vir ewig teenoor Vincent gesluit?