Romanza April 2023: Sinkplaat na liefde (April 2023, Sagteband, 192 pg) Jaco Versfeld

Nou beskikbaar. Die pad na liefde is vol avontuur  Les meer hieronder.

Jaco Versfeld

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781776358809 Categories: , , , Tags: ,

Description

Deziré Kriek, ‘n bestuursinstrukteur, sukkel om kop bo water te hou en die enigste manier waarop sy haar onderneming kan red is om ‘n kontrak te sluit met ‘n wildsplaas wat gevorderde bestuursopleiding vir hul werknemers wil hê. Nico, die veearts op die wildsplaas, maak egter haar knieë lam en dreig om haar fokus van haar onderneming af te haal. Boonop het die wildsplaas se finansiële bestuurder, Kylie, ook háár oog op die
aantreklike diere-dokter. Die verhouding tussen Deziré en Nico ontwikkel in meer as net ‘n werksverhouding tydens ‘n safari na Botswana. Sake word egter bemoeilik wanneer Nico se sesjarige seun uit ‘n vorige huwelik, verdwyn. Terug in Suid-Afrika probeer Kylie alles in haar vermoë om Deziré en Nico uit mekaar uit te hou. Maar gaan sy daarin slaag?

Jaco Versfeld is Romanza se eerste manlike skrywer met ‘n puik verhaal vol humor, spanning en deernis.