Sale!

Romanza: Tango met ‘n twist (Desember 2023, Sagteband, 192 pg) Rina Cilliers

Die dans van die liefde … lees meer hieronder.

Rina Cilliers

R105.00

Available on back-order

Description

Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy ‘n pas de deux saam met ‘n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met ‘n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in ‘n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy ‘n tydelike pos as aupair in Spanje by ‘n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in ‘n uiters aantreklike man met ‘n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan ‘n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In ‘n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.