Super Romanza: Soet Beloftes (Afrikaans, Paperback, 304 pg) Dina Botha – OUT OF PRINT

Benjamin Streiger word onverwags voog vir sy oorlede broer se drie kinders. Kinders is nie deel van sy onmiddellike planne nie en hy sukkel om hom met sy veranderde omstandighede te versoen.

Lezanne Foster bevind haar as rykmansdogter ná die skielike afterwe van haar pa platsak en sonder heenkome. Sy vlug na die plattelandse dorpie, Vergesig om ‘n nuwe lewe te begin. Met geen opleiding of ondervinding is werk baie skaars en sy beland noodgedwonge in die Steiger-huishouding waar sy as au pair vir die aantreklike Benjamin werk.

Saam is die twee nou verantwoordelik vir die versorging van die drie kinders. Omdat Lezanne verstaan wat dit beteken om ‘n ouer te verloor tree sy uiters beskermend teenoor die kinders op – tot Benjamin se argwaan én heimlike vermaak.

Dit raak toenemend moeilik om elke dag in Benjamin se aantreklike gesig te kyk en nie tot hom aangetrokke te voel nie. Boonop ondergaan Benjamin sy eie persoonlikheidsverandering. Van nors en ontoeganklike man tot ‘n man wat terg en uiters sjarmant kan wees.

Net toe Lezanne dink dat sy nooit weer haar verlede in die oë hoef te kyk nie daag haar eksverloofde, Pieter Cronjé, op. Hy lig haar in dat al haar finansiële probleme opgelos is. Sy kan terugkeer na haar lewe van gemak en rykdom.

Sy vertel Benjamin, maar hy wend geen poging aan om haar te keer nie. Al afleiding wat sy kan maak is dat sy nie belangrik genoeg is om voor te baklei nie.

Dina Botha

R165.00

Out of stock

SKU: 9780799394504 Category:

Description