Daar’s ‘n vegan op my verandah (Sagteband) Louis Jansen van Vuuren, Isabella Niehaus

Laat asseblief tot 2 weke toe vir aflewering.  Ons mymer oor die rykdom van kos. Vir die een het die vegan-kosreis al sewe jaar gelede begin; vir die ander was dit ‘n nuutjie. Maar hul vegan-resepteboek was ‘n gesamentlike reis. Daarmee wil hulle wys hoe skeppend en voedsaam jy uit ‘n eenvoudige kombuistuin kan kook. Lees meer hieronder. Also available in English – click here to view.

Louis Jansen van Vuuren, Isabella Niehaus

R650.00

Available on back-order

Description

Vir die een het die vegan-kosreis al sewe jaar gelede begin; vir die ander was dit ‘n nuutjie. Maar hul vegan-resepteboek was ‘n gesamentlike reis. Daarmee wil hulle wys hoe skeppend en voedsaam jy uit ‘n eenvoudige kombuistuin kan kook.

Daar’s ‘n vegan op my verandah is ‘n boek om te skat. Louis Jansen van Vuuren en Bella Niehaus weef ‘n ryk tapisserie van verhale saam met resepte uit die organiese plantwêreld. Die vars bestanddele is hoofsaaklik uit die bos-en-kombuistuin by Le Rembucher, waar ek en Louis op die Franse platteland woon. Berei jouself voor vir heerlike, maklik-om-te-maak geregte, geïllustreer deur fotograaf Yvette Jordaan op so ‘n manier dat dit beslis jou mond sal laat water.
Bella se Langtafel-middagetes by haar Duinhuis aan die Weskus is net so bekend soos die verbeeldingryke veganiese etes wat Louis by Café Vincent en Château la Cruezette bedien. Beide Bella en Louis is kreatiewe persoonlikhede wat dit regkry om altyd hul gaste te verstom met innoverende smaak- en geurkombinasies. Hierdie boek inspireer almal om in die natuur se eie tuin van Eden te ploeter. En almal stem saam: As ons elke dag so kan eet, sal dit net ‘n plesier wees om ‘n plantgebaseerde dieet te ondersoek. Om die oorvloed en verskeidenheid te ontvang wat moeder natuur aan ons almal bied.
Daar’s ‘n vegan op my verandah sal hopelik lesers inspireer om ‘anders te eet: ten minste een keer per week en sodoende ‘n betekenisvolle bydrae te lewer om die agteruitgang van ons planeet te vertraag. Hierdie indrukwekkend saamgestelde boek behoort in alle kosliefhebbers se kombuise te wees.

Klik hier om die kookboek-inleiding te lees – Daar’s ‘n vegan op my verandah – Uintjies, perdeblomme en ander dinge – deur Louis Jansen van Vuuren