Description
Dit is die jaar 1880 op die Suid-Afrikaanse Hoeveld. Vyf jaar na die selfmoord van hul ma, Marie, in hul huis in Agulhas, is die drie kinders, Racheltjie; 12 jaar, Petrus; 16 jaar en Johan; 5 jaar, saam met hul pa, Herman de Beer, in ‘n wa oppad na die goudvelde van Johannesburg om daar ‘n nuwe lewe te begin. Herman verbied sy kinders om ondermekaar en ook met vreemdelinge oor hulle ma te praat. Hierdeur hoop hy om die pyn en verraad van haar selfmoord uit sy gedagtes weer. As gevolg hiervan begin Racheltjie vergeet hoe haar ma gelyk het, en belowe sy haarself om ‘n plan te maak om haar ma te onthou voordat sy heeltemal vergeet hoe sy gelyk het.Die De Beers se wa breek net buite Van Reenenspas. Gelukkig vind hulle heenkome op die plaas van George Lundeth, sy vrou, Jacoba en hul dogter Sara. Die winter kom vinnig nader en George waarsku Herman om op die plaas te bly totdat die wa herstel is en die ergste sneeu verby is. Uit dankbaarheid vir hulle gasvryheid besluit Herman en sy seun, Petrus, om een van George se lande skoon te maak, en stadig maar seker begin hulle aanpas by die plaaslewe. Dit is amper Goeie Vrydag en Racheltjie herinner haarself aan die dag van haar ma se selfmoord, wat vinnig nader. Op Goeie Vrydag gaan albei gesinne dorp toe om die nagmaal by te woon en parte te koop vir die wa wat gebreek is.Terwyl hulle in die dorp is, koop Racheltjie alles wat sy nodig het om vlieende lanterns te maak. Later daardie aand terwyl Herman aan die slaap is, sluip sy en haar twee broers en Sara by die huis uit om die laterns, waaraan sy ‘n gedagte aan haar ma aan elkeen geheg, die lug in te stuur.Herman word egter wakker en kom agter dat nie een van die kinders in hulle beddens is nie. Toe hy uitvind wat hulle gaan doen het is hy so woedend kwaad dat hy besluit om die volgende dag op te pak en te ry. Die volgende oggend is dit duidelik dat ‘n sneeustorm oppad is oor die Pas. Net voordat hulle wil ry ontdek Herman dat Johan se geliefde verskalfie nie by die res van die trop is nie. Hy los die kinders in die huis om die wa gereed te kry om Johan te gaan soek. Toe hy terugkeer na die huis ontdek hy dat Johan by die huis uitgesluip het om self na die kalfie te gaan soek. Omdat hulle nie weet waar Johan gaan soek het nie – word ‘n soekgeselskap net voor sonsonder uitgestuur.Racheltjie moet in die huis bly. Sy begin egter dink waar Johan kan wees en onthou skielik van die muurshoop waar hulle Frikkie, die kalfie, vroe¿r die week gekry het. Daar is niemand by die huis nie behalwe sy. Sy neem ¿n lantern en besluit om dadelik vir Johan te gaan soek voordat die storm te erg word. Dit is ook net hier waar Racheltjie haar boetie vind. Omdat die sneeu so dik is en dit reeds donker is, neem die moedige Racheltjie ¿n besluit wat ¿n legende in die Afrikaanse gemeenskap sou word.Die volgende oggend vind Herman Racheltjie se yskoue, naakte liggaam voor die ingang van ¿n muurshoop. Toe hy haar liggaam wegtrek, kry hy vir Johan, veilig en lewendig, warm toegedraai in sy sussie se klere. Racheltjie het haar eie lewe opgeoffer sodat haar boetie, Johan kon bly lewe.