Hulle noem haar Carminda (Roman, Feb 2023, Sagteband, 320 pg) E. Kotze

Deur die skrywer van Hoogty en Soetloop. ’n Nuwe Sandveldstorie uit die bedrewe skrywershand van E Kotzé, aangebied met soveel outentieke mensekennis en in die allermooiste taal. Lees meer hieronder.

E. Kotze

R299.00

Available on back-order

Description

Skipper Mias Mulder keer inderhaas uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde, Emmeline, kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. Hulle ontmoet as twee mense wat albei ’n knou deur die lewe toegedien is. Hulle noem haar Carminda begin in die vyftigerjare en vertel die verhaal van ’n dekades lange liefdesverhouding se hoogtes en laagtes. Die liefde kan byna alles bedek, maar spoke uit die verlede bly soms kop uitsteek en pla. Dit is ook die verhaal van ’n vrou se ontdekking van haar eie krag en kreatiwiteit. ’n Nuwe Sandveldstorie uit die bedrewe skrywershand van E Kotzé, aangebied met soveel outentieke mensekennis en in die allermooiste taal.

Oor die skrywer: E. Kotze is gebore op ’n plaas aan die Bergrivier en word groot aan die Weskus. Haar man, skipper Willie Kotze, se vertellings gee aanleiding tot haar eerste bundel kortverhale, Halfkrone vir die Nagmaal (1982). Vyf bundels en drie gewilde romans, Toring se baai (2009), Hoogty (2011) en Soetloop (2016), volg. Sy woon in ’n aftreeoord in Kaapstad.