Sale!

Isabelle – Davelvroue 5 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Nou beskikbaar. Die Davel-reeks is een van Chanette Paul se mees geliefde reekse. Oor sewe boeke, wat afspeel tussen 1899 en 1938, vertel sy van sewe verskillende Davel-vroue, wys hulle soeke na tuiste, betekenis en liefde teen die agtergrond van ’n veranderende Suid Afrika. Isabelle (1932, Willemien se dogter) is ’n verwaande gravin met ’n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou.  Wanneer die aardse Arendt kom klei haal op die plaas raak sy verlief op ʼn man wat die samelewing haar nooit sal gun nie. Lees meer hieronder.

Chanette Paul

R250.00

Available on back-order

Description

Wat haar hart ook al voorskryf, vir ’n opstêrs gravinnetjie is ’n bywoner taboe.

Hul persoonlikhede knoop en skuur behoorlik – sy, die opstêrs gravinnetjie, en hy, die boertige bywoner.

Op Orange Hall moet hulle mekaar verduur. En al probeer Isabelle hoe hard om hom te vermy, is Arendt de Leeuw oral … met sy verpestelike grys verf in haar ateljee, met sy groot lyf in die kleigat, met sy slim hand in haar stillewes.

Agter haar hovaardige houding knak Isabelle mettertyd, swig sy voor die man met die terg op sy tong, die spot in sy oë.

Maar Arendt weet – hy moet ’n leeftyd binne ’n paar weke leef, haar ’n herinnering maak sonder dat sy ook seerkry, want hy het net enkele maande oor.