Description
“’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg. Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is ’n moordenaar wat slu speletjies speel. Intussen is adjudant-offisier Anele Vilakazi op die spoor van ’n boogskutter aan die Wildekus. Sal kaptein Strauss en adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?”
Marie Lotz is gebore en getoë in Benoni, en behaal haar honneurs in toegepaste linguistiek by Universiteit van Johannesburg. Sy het meer as twintig jaar ervaring as tekswerker, en werk tans as vryskut persklaarmaker van mediese en regsverslae. Sy woon in Pretoria en het een seun. Roofdier verskyn in 2021, en Polsslag een jaar later.