NV Julie: VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids (Sagteband, 560 pg) Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karen Wiesler

Publikasiedatum 20 Julie

Die mees omvattende fotogids tot Suider-Afrikaanse voëls.
VELD: Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids is ‘n unieke kombinasie van sowel ‘n boek as ‘n app. Die skrywers – elkeen kenners op die gebied – bespreek in bondige, eenvoudige taal ál 991 verskillende voëlspesies wat tot dusver in Suider-Afrika aangeteken is, met spesifieke fokus op identifikasie.
Die nagenoeg 2 000 kleurfoto’s in die boek dui verskille in vere, geslag en ouderdom aan terwyl kaarte die migrasiestatus en verspreiding van elke voëlspesie aantoon.
Die app bevat nie net voëlroepe nie, maar ook 2 000 addisionele foto’s, en laat voëlkenners en -kykers dus toe om ‘n unieke oudio-visuele ervaring te hê.
‘n Noodsaaklike gids vir alle kenners en entoesiaste in Suider-Afrika.

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:
• die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
• bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
• opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
• bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
• ‘n volledige en verkorte register
• ‘n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ‘n onontbeerlike metgesel.

OOR DIE SKRYWERS:
Burger Cilliéis ‘n bekroonde natuurfotograaf met meeras dertig jaar se ervaring. Hy is die skrywer en mede-skrywer van meer as vyftien boeke en lewer gereeld praatjies oor Suider-Afrikaanse voëls en wild.
Niel Cillié is ‘n bekende fotograaf van Suider-Afrikaanse voëls en wild. Hy is a grafiese ontwerper en skrywer verbonde aan Game Parks Publishing met ‘n spesiale belangstelling in roofvoëls.
Phil Penlingtonis ‘n ervare voëlkyker en -fotograaf, die mede-stigter van birdpics.co.za en ‘n gereelde deelnemer aan BioChat.
Trevor Hardakeris eenvan SA se mees ervare voëlkykers: hy het reeds meer as 930 voëls gesien. Hy is die voorsitter van die BLSA Rarities Committee en besit en bestuur die e-nuusbrief Southern African Rare Bird News.
Karen Wiesleris ‘n kranige voëlkyker en -fotograaf met ‘n graad in omgewingsleer en ‘n kwalifikasie van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Veldgidse (FGASA).

Klik hier om ‘n paar fotos te sien: Photos

Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karen Wiesler

R695.00

Available on back-order

Description